[1] En die engel wat met my gespreek het, het
teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word.
[2] En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe
antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan
bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe
wat bo-oor hom is.
[3] Ook twee olyfbome langs hom, een aan die
regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.
[4] Daarop het ek begin spreek en aan die engel
wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?
[5] En die engel wat met my gespreek het,
antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê:
Nee, my heer.
[6] Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die
woord van Jahweh aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie,
maar deur my Gees, sê Jahweh van die leërskare.
[7] Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy
tot ‘n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe
van: Genade, genade oor hom!
[8] En die woord van Jahweh het tot my gekom en
gesê:
[9] Die hande van Serubbábel het die fondament
van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat Jahweh
van die leërskare my na julle gestuur het.
[10] Want wie verag die dag van klein dinge,
terwyl daardie sewe—die oë van Jahweh wat die ganse aarde deurloop—met blydskap
die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel?
[11] Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê:
Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan
die linkerkant daarvan?
[12] En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom
gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat
goud uit hulle laat uitstroom?
[13] Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit
beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.
[14] En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by Jahweh
van die ganse aarde staan.
Zechariah
4:1-14
[1] And
the messenger who was speaking to me came back and woke me up as a man is
awakened from sleep.
[2] And he
said to me, “What do you see?” So I said, “I have looked, and see: a lampstand
all of gold with a bowl on top of it, and on the stand seven lamps with seven
spouts to the seven lamps.
[3] “And
two olive trees are by it, one at the right of the bowl and the other at its
left.”
[4] Then I
responded and spoke to the messenger who was speaking to me, saying, “What are
these, my master?”
[5] And
the messenger who was speaking to me answered and said to me, “Do you not know
what these are?” And I said, “No, my master.”
[6] And he
answered and said to me, “This is the word of יהוה to Zerubbaḇel,
‘Not by might nor by power, but by My Spirit,’ said יהוה of hosts.
[7] ‘Who are you,
great mountain, before Zerubbaḇel?
A plain! And he shall bring forth the capstone with shouts of “Favour, favour
to it!” ’ ”
[8] And the word of יהוה came to me, saying,
[9] “The hands of
Zerubbaḇel have laid the foundation of
this House, and his hands shall complete it. And you shall know that יהוה of hosts has sent Me to you.
[10] “For who has
despised the day of small beginnings? They shall rejoice when they see
the plumb-line in the hand of Zerubbaḇel.
These seven are the eyes of יהוה, which diligently search throughout all the earth.”
[11] Then I responded
and said to him, “What are these two olive trees, one at the right of the
lampstand and the other at its left?”
[12] And I responded a
second time and said to him, “What are these two olive branches which empty
golden oil from themselves by means of the two gold pipes?”
[13] And he answered
me and said, “Do you not know what these are?” And I said, “No, my master.”
[14] And he said,
“These are the two anointed ones, who stand beside the Master1
of all the earth.” Footnote: 1See vv. 3
& 11, also Mt. 17:3-4, Rev. 11:3-10.