Ephesians
4:13-24
[13] until we all come to the unity of the belief
and of the knowledge of the Son of Elohim, to a perfect man, to the measure of
the stature of the completeness of Messiah,
[14] so that we should no longer be children,
tossed and borne about by every wind of teaching, by the trickery of men, in
cleverness, unto the craftiness of leading astray,1 Footnote: 15:6,
also 2 Cor. 10:5, 2 Cor. 11:3-14, Gal. 1:6-9, 2 Tim. 3:1-8, 2 Tim. 4:2-4, 2
Peter 2:2-22, Jud. vv. 10-19.
[15] but, maintaining the truth in love, we grow
up in all respects into Him who is the head, Messiah,
[16] from whom the entire body, joined and knit
together by what every joint supplies, according to the working by which each
part does its share, causes growth of the body for the building up of itself in
love.
[17] So this I say, and witness in the Master,
that you should no longer walk as the gentiles walk,1 in the
futility of their mind, Footnote: 11 Cor. 12:2, and Jer. 10:2.
[18] having been darkened in their understanding,
having been estranged from the life of Elohim, because of the ignorance that is
in them, because of the hardness of their heart,
[19] who, having become callous, have given
themselves up to indecency, to work all uncleanness with greediness.
[20] But you have not so learned Messiah,
[21] if indeed you have heard Him and were taught
by Him, as truth is in יהושע:
[22] that you put off – with regard
to your former way of life – the old man, being corrupted according to the
desires of the deceit,
[23] and to be renewed in the spirit
of your mind,
[24] and that you put on the renewed
man1 which was created according to Elohim, in righteousness and
set-apartness of the truth. Footnote: 1Rom. 8:1.
Efésiërs
4:13-24
[13]
totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis
van die Seun van Elohym, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle
grootte van Messías;
[14] sodat
ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer
gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur
sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
[15] maar,
terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die
Hoof is, naamlik Messías,
[16] uit
wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat
elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die
groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
[17] Dit
sê en betuig ek dan in Jahweh, dat julle nie meer moet wandel soos die ander
heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie—
[18] mense
wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van Elohym deur
die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;
[19] wat
ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug
allerhande onreinheid te bedrywe.
[20] Maar
julle het Messías nie
so leer ken nie,
[21] as
julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is
in Jahwehshua:
[22] dat
julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die
begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
[23] en
dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
[24] en
julle met die nuwe mens moet beklee wat na Elohym geskape is in ware
geregtigheid en heiligheid.
