Nou, wil ek iets met mense deel. En veral met
die mense wie in Suid-Afrika is. Elohim het vir my 'n baie
insiggewende en diep geestelike en spirituele openbaring gegee in die
vorm van 'n Japanse Katana Swaard aka Die Smeltkroes waardeur die mense moet gaan. Omdat die mense nie die Bybel lees of ken nie, word dit op hierdie manier aan hulle geopenbaar.
Ek dink nie dat die mense weet hoe swaar en moeilik die komende tyd gaan wees nie en veral nie op 'n geestelike vlak nie. En omdat Suid-Afrika bestem is as 'n VOORBEELD vir die wêreld en ook as 'n getuienis TEEN die wêreld, moet ons onsself realiseer dat dit hier nie net gaan oor die gehele situasie nie, maar moet dit veral op die persoonlike vlak gerig word.
Dis 'n FEIT dat baie mense gaan sterf. Dis 'n FEIT dat die meeste van hulle van die manlike geslag (oud en jonk) gaan wees. Dis 'n FEIT dat die kinders en vrouens en ou mense ontsettend swaar gaan kry as gevolg hiervan. Dis 'n FEIT dat die spotters, die wat in goddeloosheid handel, en net nie gehoor gee nie, weg geneem word, om plek te maak vir diegene die wel 'n bydrae gaan lewer.
Daar kom 'n nuwe gang van sake wat deur Elohim bevestig word en nie deur mense nie. Daar kom 'n vernuwing in die vorm van "Julie" aka die nuwe velskoene wat die mense moet aantrek. Dit is ook aan oom Siener bekend gemaak. Hierdie skrywe word aan almal gerig, hetsy gelowiges, hetsy ongelowiges, maar veral vir diegene die alreeds hulle opdragte ontvang het.
Om 'n mooi ideë te kry oor die "Smeltkroes" en hoedat Elohim dit gaan toepas, moet julle na hierdie video kyk. Dit is hoe die gees en siel gereinig gaan word sodat ons sonder vlek voor Elohim kan staan. Daar is geen ander weg nie dan om die voetspore van Yahushua te volg. Hy sê dit dan ook: "Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê." [Johannes 8:12]

Om in Sy voetspore te stap, beteken om ALLES agter jou te los, om jouself LOS TE KOPPEL van die daaglikse sorge van die wêreld en tot die waarheid te kom en nie meer te sondig nie, EN DIT OOK TOEPAS IN JOU DAAGLIKSE LEWE. Geloof sonder werke is dood sê Jakobus [Jakobus 2:24-26]. Watse werke? Die werke waarvan Yahushua sê: "Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde." [Jakobus 4:17]
Julle moet besef dat Elohim die werke van die mens sal toets met vuur. En dis 'n BLOU VLAM. Die blou vlam is die heetste temperatuur wat daar is, en dit beteken dat jou werke moet so goed wees dat dit nie eers deur hierdie hitte verbrand sal word nie. Dit het ook te make met die nuwe liggaam waarvan Paulus gepraat het.
En dit is wat dit beteken om perfek en heilig te wees soos wat Elohim Perfek en Heilig is. Dit gaan nie oor jou fisieke liggaam nie (want die vlees vergaan, maar die gees bly bestaan), dit gaan hier oor jou HOOGSTE GEESTELIKE VLAK wat jy in jou huidige wese kan bereik. PUNT. KLAAR. En wanneer mense hierdie begrip besef en verstaan, DAN PAS kan daar genesing in die vorm van bekering, plaasvind.
Die vraag wat gestel word, is baie eenvoudig: Wie van julle is bereid om saam met Daniël in die vuuroond te gaan? [Daniël 3:25]
Die toegang tot die reiniging is nou geopen en is GRATIS.
Kom en laat Elohim jou lei na waters waar daar rus is en laat neerlê in groen weivelde en laat Elohim jou siel verkwik. En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.