Jeremia 13:1-27
[1] So het Jahweh vir my gesê: Gaan koop vir jou
‘n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom nie.
[2] En ek het die gord gekoop volgens die woord
van Jahweh en dit om my heupe gebind.
[3] Toe het die woord van Jahweh vir die tweede
keer tot my gekom en gesê:
[4] Neem die gord wat jy gekoop het, wat om jou
heupe is, en maak klaar, gaan na die Eufraat en steek dit daar weg in ‘n
klipskeur.
[5] Daarop het ek gegaan en dit weggesteek by die
Eufraat, soos Jahweh my beveel het.
[6] En ná verloop van baie dae het Jahweh vir my
gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou
beveel het om daar weg te steek.
[7] Daarop het ek na die Eufraat gegaan en
gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek dit weggesteek het; en kyk,
die gord het bederf, dit was waardeloos.
[8] Toe het die woord van Jahweh tot my gekom en
gesê:
[9] So spreek Jahweh: So sal Ek laat bederwe die
hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem, wat so groot is.
[10] Hierdie goddelose volk wat weier om na my
woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander
gode aan loop om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig—hulle moet word
soos hierdie gord wat waardeloos is.
[11] Want soos die gord kleef aan die heupe van ‘n
man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat
klewe, spreek Jahweh, om vir My te wees ‘n volk en ‘n roem en ‘n lof en ‘n
sieraad; maar hulle het nie geluister nie.
[12] Sê verder aan hulle hierdie woord: So spreek Jahweh,
die Elohym van Israel: Elke kan word vol wyn gemaak. Dan sal hulle vir jou sê:
Weet ons dit dan nie dat elke kan vol wyn gemaak word nie?
[13] Maar jy moet vir hulle sê: So spreek Jahweh:
Kyk, Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfs die konings
wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en die profete en al die
inwoners van Jerusalem.
[14] En Ek sal hulle verbrysel, die een teen die
ander, die vaders en die kinders almal saam, spreek Jahweh. Ek sal nie spaar of
verskoon of My ontferm nie, dat Ek hulle nie sou verdelg nie.
[15] Luister en merk op; verhef julle nie, want Jahweh
het gespreek!
[16] Gee eer aan Jahweh julle Elohym voordat Hy
dit donker laat word en voordat julle voete stamp teen die berge in die
skemering; terwyl julle wag op lig, maar Hy dit doodskaduwee maak, in
donkerheid verander.
[17] Maar as julle daar nie na luister nie, sal my
siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en
afloop in trane, omdat die kudde van Jahweh as gevangenes weggevoer is.
[18] Sê aan die koning en aan die gebiedster: Gaan
baie laag sit, want julle hoofsieraad, julle sierlike kroon, het geval.
[19] Die stede van die Suidland is toegesluit, en
niemand maak oop nie; Juda is in ballingskap weggevoer gans en al, weggevoer
volkome!
[20] Hef jou oë op, en aanskou die wat uit die
noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige trop kleinvee?
[21] Wat sal jy sê wanneer Hy as hoof oor jou
aanstel diegene wat jy self geleer het om jou vertroude vriende te wees? Sal
weë jou nie aangryp soos van ‘n barende vrou nie?
[22] As jy dan in jou hart sê: Waarom het hierdie
dinge my oorgekom? Weens die grootheid van jou ongeregtigheid is jou slippe
opgetel, het jou hakskene gely onder geweld.
[23] Kan ‘n Kusiet sy vel verander of ‘n luiperd
sy vlekke? Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewend is
om kwaad te doen.
[24] Daarom sal Ek hulle verstrooi soos ‘n stoppel
wat verbyvlieg voor die wind van die woestyn.
[25] Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet
het, spreek Jahweh, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het.
[26] So het Ek dan ook jou slippe opgetel oor jou
aangesig, sodat jou skande gesien word.
[27] Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike
hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou,
Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
Jeremiah
13:1-27
[1] Thus יהוה said to me,
“Go and get yourself a linen girdle, and put it on your loins, but do not put
it in water.”
[2] So I bought a
girdle according to the word of יהוה, and put it on my loins.
[3] And the word of יהוה
came to me the second time, saying,
[4] “Take the girdle
that you have bought, which is on your loins, and arise, go to the Euphrates, and hide it there in a hole in the rock.”
[5] And I went and
hid it by the Euphrates, as יהוה
commanded me.
[6] And it came to be
after many days that יהוה said to me, “Arise, go to the Euphrates, and take from there the girdle which I
commanded you to hide there.”
[7] So I went to the Euphrates and dug, and I took the girdle from the place
where I had hidden it. And there was the girdle, ruined. It was completely
useless.
[8] “And the word of יהוה
came to me, saying,
[9] “Thus said יהוה,
‘Thus I ruin the pride of Yehuḏah
and the great pride of Yerushalayim.
[10] ‘This evil
people, who refuse to hear My Words, who walk in the stubbornness of their
heart, and walk after other mighty ones to serve them and to bow themselves to
them, is like this girdle which is completely useless.
[11] ‘For as the
girdle clings to the loins of a man, so I have caused all the house of Yisra’ĕl
and all the house of Yehuḏah
to cling to Me,’ declares יהוה, ‘to become Mine – for a people,
and for a name, and for a praise, and for an adorning. But they did not
listen.’
[12] “And you shall
speak to them this word, ‘Thus said יהוה Elohim of Yisra’ĕl,
“Every bottle is to be filled with wine.” ’ And when they say to you, ‘Do we
not know that every bottle should be filled with wine?’
[13] “Then say to
them, ‘Thus said יהוה, “See, I am filling all the
inhabitants of this land, and the sovereigns who sit on the throne of Dawiḏ, and the priests, and the
prophets, and all the inhabitants of Yerushalayim with drunkenness!
[14] “And I shall dash
them one against another, both the fathers and the sons together,” declares יהוה. “I
do not spare nor pardon nor have compassion, that I should not destroy them.” ’
”
[15] Listen and give
ear, do not be proud, for יהוה has spoken.
[16] Give esteem to יהוה
your Elohim before He brings darkness, and before your feet stumble on the dark
mountains, and while you are looking for light. He turns it into the shadow of
death, makes it gross darkness.
[17] And if you do not
listen, my being shall weep in secret for your pride, and my eyes bitterly weep
and run down with tears, because the flock of יהוה shall be
taken captive.
[18] Say to the
sovereign and to the sovereigness mother, “Humble yourselves. Sit down, for
your rule, the crown of your comeliness, has come down.”
[19] The cities of the
South shall be shut up, with no one to open them. Yehuḏah shall be taken into exile, all of it. She shall be
taken into exile, completely.
[20] Lift up your eyes
and see those who come from the north. Where is the flock that was given to
you, your fair sheep?
[21] What would you
say when He visits you? For you have taught them to be chiefs, to be head over
you. Do not pangs seize you, like a woman in labour?
[22] And when you say
in your heart, “Why has this come upon me?” It is because of your great crookedness
that your skirts have been uncovered, your heels made bare.
[23] Does a Kushite
change his skin and a leopard its spots? You who are taught to do evil are also
unable to do good!
[24] “So I shall
scatter them like stubble that passes away by the wind of the wilderness.
[25] “This is your
lot, your measured portion from Me,” declares יהוה, “because
you have forgotten Me, and trust in falsehood.
[26] “I shall even
draw your skirts over your face, and your shame shall be seen,
[27] your adulteries
and your neighings, the wickedness of your whoring! I have seen your
abominations on the hills in the fields. Woe to you, O Yerushalayim! How long
before you would be made clean?”