Daniël 12:1, 10
[1] En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat
oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid
wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie;
maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe
staan. […] Baie sal gereinig en gesuiwer en
gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die
goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
Josua 5:9-15
[9] Toe het Jahweh vir Josua gesê: Vandag het Ek
die smaad van Egipte van julle afgewentel. Daarom het hulle dié plek Gilgal
genoem tot vandag toe.
[10] Terwyl die kinders van Israel by Gilgal
gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in
die aand, in die vlaktes van Jérigo.
[11] En hulle het die dag ná die pasga van die
opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie
selfde dag.
[12] En die dag nadat hulle van die opbrings van
die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder
geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land
Kanaän in daardie jaar.
[13] En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë
op en kyk, en daar staan ‘n Man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in Sy hand;
en Josua het na Hom gegaan en Hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?
[14] En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van
Jahweh; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig
hom neer en vra Hom: Wat wil my Meester aan sy dienskneg sê?
[15] Toe sê die leërowerste van Jahweh vir Josua:
Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En
Josua het so gedoen.
Daniel 12:1, 10
[1] “Now at that time Miḵa’ĕl
shall stand up, the great head who is standing over the sons of your people. And there shall be a time of distress,
such as never was since there was a nation, until that time. And at that time
your people shall be delivered, every one who is found written in the book, […]
“Many shall be cleansed and made white, and refined. But the wrong shall do
wrong – and none of the wrong shall understand, but those who have insight
shall understand.
Joshua
5:9-15
[9] And יהוה said to Yehoshua, “Today I have rolled away the reproach of
Mitsrayim from you.” So the name of the place is called Gilgal to this day.
[10] And the children
of Yisra’ĕl camped in Gilgal, and performed the Passover on the fourteenth day
of the month at evening on the desert plains of Yeriḥo.
[11] And they ate of
the stored grain of the land on the morrow after the Passover, unleavened bread
and roasted grain on this same day.
[12] And the manna
ceased on the day after they had eaten the stored grain of the land. And the
children of Yisra’ĕl no longer had manna, but they ate the food of the land of Kenaʽan
that year.
[13] And it came to
be, when Yehoshua was by Yeriḥo,
that he lifted his eyes and looked and saw a Man standing opposite him with His
sword drawn in His hand. And Yehoshua went to Him and said to Him, “Are You for
us or for our adversaries?”
[14] And He said, “No,
for I have now come as Captain of the host of יהוה.” And Yehoshua fell on his face to the earth and did obeisance,
and said to Him, “What is my Master saying to His servant?”
[15] And the Captain
of the host of יהוה said to
Yehoshua, “Take your sandal off your foot, for the place where you stand is
set-apart.” And Yehoshua did so.

