Ecclesiastes 12:1-14
[1]
Remember also your Creator in the days of your youth, before the evil
days come, and the years draw near when you say, “I have no pleasure in them”:
[2] Before
the sun and the light, the moon and the stars, are darkened, and the clouds
return after the rain;
[3] in the
day when the guards of the house tremble, and the strong men shall bow down;
when the grinders shall cease because they are few, and those that look through
the windows shall become dim;
[4] and
the doors shall be shut in the streets, and the sound of grinding is low; and
one rises up at the sound of a bird, and all the daughters of song are bowed
down;
[5]
furthermore, they are afraid of what is high, and of low places in the
way; and the almond tree blossoms, and the grasshopper becomes a burden, and
desire perishes. For man is going to his everlasting home, and the mourners
shall go about the streets.
[6] Remember
Him before the silver cord is loosed, or the golden bowl is broken, or the
jar shattered at the fountain, or the wheel broken at the well,
[7] and
the dust returns to the earth as it was, and the spirit returns to Elohim who
gave it.
[8]
“Futility! Futility!” said the Qoheleth, “All is futile.”
[9] And
besides being wise, Qoheleth also taught the people knowledge, and he listened
and sought out – set in order many proverbs.
[10]
Qoheleth sought to find out words of delight, and words of truth,
rightly written.
[11] The words
of the wise are like goads, and as nails driven by the masters of collections –
they were given by one Shepherd.
[12] And
besides these, my son, be warned – the making of many books has no end, and
much study is a wearying of the flesh.
[13] Let us
hear the conclusion of the entire matter: Fear Elohim and guard His commands,
for this applies to all mankind!
[14] For
Elohim shall bring every work into right-ruling, including all that is hidden,
whether good or whether evil.
Prediker 12:1-14
[1] En dink aan jou Skepper in die dae van jou
jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal
sê: Ek het daar geen behae in nie—
[2] voordat die son en die lig en die maan en die
sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën,
[3] dié dag wanneer die wagters van die huis sal
bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te
min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word,
[4] en die deure na die straat gesluit word,
terwyl die geruis van die meul verswak; en hy opstaan as die voëltjies begin
sing en al die tone van die lied dof sal word.
[5] Ook sal hy bang wees vir ‘n hoogte, en verskriklike
dinge sal op die pad wees! En die amandelboom sal in bloei staan, en die
sprinkaan sal homself met moeite voortsleep, en die kapperkruid nutteloos wees;
want die mens gaan na sy ewige huis, en die rouklaers sal op die straat
rondgaan.
[6] Voordat die silwerdraad verwyder word en die
goue oliekruik stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die
wiel stukkend in die put val
[7] en die stof na die aarde terugkeer soos dit
gewees het, en die gees na Elohym terugkeer wat dit gegee het.
[8] Alles tevergeefs, sê die Prediker, dit is
alles tevergeefs.
[9] En behalwe dat die Prediker ‘n wyse was, het
hy die volk nog kennis geleer en het oorweeg en ondersoek; hy het baie spreuke
opgestel.
[10] Die Prediker het gesoek om welgevallige
woorde te vind en wat reg geskrywe is—woorde van waarheid.
[11] Die woorde van die wyse manne is soos
prikkels; en soos spykers, diep ingeslaan, is die versamelde spreuke; hulle is
deur die enige Herder gegee.
[12] En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan
baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees.
[13] Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is:
Vrees Elohym en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
[14] Want Elohym sal elke werk bring in die gerig
wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.