[1] Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid, by
die gedenkoffer. (70:2) o Elohim,
maak tog gou om my te red, o Elohim, om my te help!
[2] (70:3) Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd
staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk,
agteruitwyk en in die skande kom.
[3] (70:4) Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan
vanweë hul beskaming.
[4] (70:5) Laat in U vrolik en bly wees almal wat
U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is Elohim!
[5] (70:6) Maar ek is ellendig en behoeftig: o Elohim,
kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; Elohim, vertoef tog nie!
Psalms 74:1-23
[1] ‘n Onderwysing van Asaf. o Elohim, waarom het
U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?
[2] Dink aan u vergadering wat U in die voortyd
verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg
Sion waar U op gewoon het.
[3] Hef u voete op na die ewige puinhope: alles
het die vyand in die heiligdom verniel.
[4] U teëstanders het binne-in u vergaderplek
gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.
[5] Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef
in ‘n digte plek bome.
[6] En nou—die houtsnywerk daarvan het hulle
alles met byl en hamers stukkend geslaan.
[7] Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek;
tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.
[8] Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle
almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van Elohim in die land verbrand.
[9] Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen
profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.
[10] Hoe lank, o Elohim, sal die teëstander smaad
aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?
[11] Waarom trek U u hand, ja, u regterhand,
terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!
[12] Nogtans is Elohim my Koning van die voortyd af, wat verlossinge
werk op die aarde.
[13] U het deur u sterkte die see geklief; U het
die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.
[14] U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U
het hom gegee as voedsel vir ‘n volk—vir woestyndiere.
[15] U het fontein en stroom oopgeslaan; U het
standhoudende riviere laat opdroog.
[16] Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die
nag; U het hemelligte en son vasgestel.
[17] U het al die grense van die aarde bepaal;
somer en winter, U het hulle geformeer.
[18] Dink hieraan: Die vyand het Elohim gesmaad,
en ‘n dwase volk het u Naam verag.
[19] Gee aan die wilde diere die siel van u
tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.
[20] Aanskou die verbond, want die donker plekke
van die land is vol wonings van geweld.
[21] Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie;
laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.
[22] Staan op, o Elohim, verdedig u saak; dink aan
die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur ‘n dwaas.
[23] Vergeet nie die geroep van u teëstanders
nie—die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!
Psalms
70:1-5
[1] O
Elohim, deliver me! Hasten to my help, O יהוה!
[2] Let those who
seek my life Be ashamed and abashed, Let those who are desiring my evil Be
turned back and humiliated.
[3] Let those who
say, “Aha, aha!” Be turned back because of their shame.
[4] Let all those who
seek You Rejoice and be glad in You; And let those who love Your deliverance
always say, “Let Elohim be made great!”
[5] But I am poor and
needy; Hasten to me, O Elohim! You are my help and my deliverer; O יהוה, do not delay.
Psalms
74:1-23
[1] O
Elohim, why do You forever reject us? Why does Your displeasure smoke Against
the sheep of Your pasture?
[2]
Remember Your congregation. You did purchase of old, The tribe of Your
inheritance. You did redeem, This Mount Tsiyon where You have dwelt.
[3] Lift
up Your steps to the endless ruins; The enemy has done all evil in the set-apart place1. Footnote:
1Ps. 79.
[4] Your
adversaries have roared In the midst of Your meeting places; They have set up
their own signs as signs.
[5] It
seems as if one had lifted up Axes among the thick trees.
[6] And
now all its carved work, They have broken down with axe and hammer.
[7] They
have set fire to Your set-apart place, They have profaned the dwelling place of
Your Name to the ground.
[8] They
said in their hearts, “Let us suppress them altogether.” They burned all the
meeting places of Ěl in the land.
[9] We do
not see our signs, There is no longer a prophet, Nor any among us who knows how
long.
[10] O
Elohim, how long would the adversary reproach? Would the enemy despise Your Name forever1? Footnote: 1v.18.
[11] Why do
You hold back Your hand, even Your right hand? From the midst of Your bosom –
end it!
[12] For
Elohim is my Sovereign from of old, Working deliverance in the midst of the
earth.
[13] You
divided the sea by Your might; You broke the heads of the sea serpents in the
waters.
[14] You
broke the heads of Liwiathan in pieces, You made him food for the people Living
in the wilderness.
[15] You
did cleave open the fountain and the flood, You did dry up mighty rivers.
[16] The
day is Yours, the night is Yours too, You have established the light and the
sun.
[17] You
have set all the borders of the earth, You have made summer and winter.
[18]
Remember this: the enemy has reproached יהוה, And a foolish people has despised
Your Name1. Footnote: 1v.
10.
[19] Do not give the
being of Your turtledove to the wild beast! Do not forget the life of Your
afflicted ones forever.
[20] Look to the
covenant, For the dark places of the earth are filled With haunts of violence.
[21] Let not the
crushed one return ashamed! Let the poor and needy praise Your Name.
[22] Arise, O Elohim,
plead Your own cause, Remember how the foolish man reproaches You daily.
[23] Do not forget the
voice of Your enemies, The uproar of those rising up against You increases
continually.