Mantashe betreur 'Mangaung-manipulering'
2012-12-11 17:50
"Ons sien dit as 'n waarskuwing wat aan die ANC gerig is," het Mantashe aan joernaliste by Luthuli-huis in Johannesburg gesê.
"Sektore van die samelewing soek 'n spesifieke uitkoms."
Mantashe het kommentaar gelewer op berigte dat geloofsleiers 'n brief aan pres. Jacob Zuma geskryf het, waarin hulle waarsku dat die publiek bekommerd is dat Suid-Afrika sy morele kompas verloor het.
In die brief sê kerkleiers "ons demokrasie kan aansienlik verbeter word".
Die brief is onderteken deur aartsbiskop Thabo Makgoba van die Anglikaanse kerk, biskop Joe Seoka van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, eerw. Moss Ntlha van Teasa, ’n evangeliese kerkorganisasie met drie miljoen lidmate, en eerw. Edwin Arrison van Kairos.
"Hulle [Suid-Afrikaners] hunker na verandering na – nie oppervlakkige verandering van een selfverrykende leier na ’n ander nie, of een politieke party na ’n ander nie, maar verandering na ’n kultuur waarin leiers verantwoordbaar teenoor die mense is."
Afskrifte van die brief is aan politieke en ekonomiese leiers, insluitend, Helen Zille, DA-leier, gestuur.
Die presidensie het bevestig dat Zuma die brief gesien het.
Mantashe het verder gesê die regerende party gaan nie toelaat dat enige sektor die ANC se beleid skryf nie.
"Dit is 'n kwessie van beginsel."
Hy het gesê die deursettingsvermoë van die party se leierskap moet deur alle sektore respekteer word.
"Die ANC moet toegelaat word om sy besigheid te bestuur."
Bron: http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Mantashe-betreur-Mangaung-manipulering-20121211
Die boodskap vir die toekoms van Suid-Afrika:
En so praat ELOHYM van die LEERSKARE met die sogenaamde "leiers" van 'n land en ander lande, maar die mensheid bly maar hakkel op hulle eie "krag". Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. daarom profeteer en sê: So spreek Elohym, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob: omdat hulle julle van alle kante verwoes en vertrap het, sodat julle vir die oorblyfsel van die nasies ’n besitting kan wees, en julle in opspraak gekom het en deur die mense beskinder is.
Daarom, profeteer oor die land van Israel, en spreek tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale: So spreek Elohym: Kyk, Ek spreek in My ywer en in My grimmigheid, omdat julle die smaad van die nasies gedra het.
Daarom, so sê die Elohym, hef Ek My hand op: Waarlik, die nasies wat rondom julle is, hulle sal hul smaad dra. Maar julle, o berge van Israel, sal jul takke gee en jul vrugte dra vir My volk Israel; want hulle koms is naby. Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word. En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; en die stede sal bewoon en die puinhope opgebou word.
Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek Elohym is. En Ek sal mense op julle laat loop, my volk Israel; en hulle sal jou in besit neem, en jy sal vir hulle ’n erfenis wees en hulle verder nie meer kinderloos maak nie.
So spreek Elohym: Omdat hulle vir julle sê: ’n Menseter is jy en een wat sy eie nasie kinderloos maak daarom sal jy nie meer mense opeet en jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die Elohym. En Ek sal nie meer teen jou laat hoor die skimp van die nasies nie, en die smaad van die volke sal jy nie meer dra nie; en jy sal jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek Elohym.
Verder het die woord van Elohym tot my gekom en gesê:
Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor My aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid. Daarom het Ek My grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het. En Ek het hulle verstrooi onder die nasies en hulle is versprei in die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge.
En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het, het hulle My heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van Elohym, en hulle moes uit Sy land uittrek. Toe het dit My ter harte gegaan om My heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het. Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek Elohym: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van My heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het.
En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek Elohym is, spreek Elohym, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken. En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee. En Ek sal My Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in My insettinge wandel en My verordeninge onderhou en doen. En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir My ’n volk en Ek sal vir julle ’n God wees.
En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie. En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie.
Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels. Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek Elohym; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel. So sê die Elohym: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word.
En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit ’n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan. En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon. Dan sal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, ELOHYM van die LEERSKARE, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, Elohym, het dit gespreek en sal dit doen.
Maar die huis van Israel sal na jou nie wil luister nie, omdat hulle na My nie wil luister nie; want die hele huis van Israel het ’n harde voorhoof en ’n ongevoelige hart.
Maar spreek so en sê vir die spotters en die ongelowiges en die mense wat verraad en bloed beraam:
Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem. Maar Elohym is met my soos ’n geweldige held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie, ’n ewige smaad wat nie vergeet sal word nie.