10/01/2013

Regverdige Oordeel Kom Nader

Obadja 1

DIE gesig van Obádja. So sê Elohym aangaande Edom: Ons het ’n tyding van Elohym gehoor, en ’n boodskapper is uitgestuur onder die nasies om te sê: Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!

Kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, jy is baie verag.

Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsklowe, op hoë plekke bly, en in jou hart sê: Wie sal my op die aarde neerwerp?

Al woon jy so hoog soos die arend en al was jou nes tussen die sterre gestel — daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek Elohym.

As daar diewe, as daar nagrowers na jou gekom het — hoe is jy vernietig! — sou hulle nie net soveel gesteel het as wat vir hulle genoeg was nie? As daar druiwesnyers na jou gekom het, sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie?

Hoe is Esau deursoek! Is sy verborge skatte deursnuffel!

Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê ’n strik onder jou as jou brood. Daar is geen verstand in hom nie!

Sal Ek nie in dié dag, spreek Elohym, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?

En jou helde sal verskrik wees, o Teman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word.

Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig.

Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring en die lot oor Jerusalem gewerp het — toe was jy ook soos een van hulle!

En tog moes jy nie met genot die dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou nie verheug het oor die kinders van Juda op die dag van hulle ondergang nie en nie gespog het op die dag van benoudheid nie!

Tog moes jy nie in die poort van my volk gekom het op die dag van hulle nood nie, moes jy ook nie met genot aanskou het sy onheil op die dag van sy nood nie en nie die hand uitgesteek het na sy rykdom op die dag van sy nood nie!

En jy moes nie gestaan het op die kruispad om sy vlugtelinge uit te roei nie en nie sy vrygeraaktes uitgelewer het op die dag van benoudheid nie.

Want die dag van Elohym is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word, jou daad sal op jou hoof neerkom.

Want net soos julle gedrink het op my heilige berg, sal al die nasies gedurigdeur drink, ja, hulle sal drink en swelg en word asof hulle nooit bestaan het nie.

Maar op die berg Sion sal daar ontkoming wees, en dit sal ’n heiligdom wees; en die huis van Jakob sal sy besittings in besit neem.

Dan sal die huis van Jakob ’n vuur wees en die huis van Josef ’n vlam, maar die huis van Esau ’n stoppel; en dié sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want Elohym het dit gespreek.

Dan sal dié van die Suidland die gebergte van Esau, en dié van die Laeveld die land van die Filistyne in besit neem; en hulle sal die veld van Efraim en die veld van Samaría, en Benjamin Gílead in besit neem.

Die ballinge van hierdie leërmag van die kinders van Israel sal die wat Kanaäniete is, tot by Sarfat verower; en die ballinge van Jerusalem, wat in Sefárad is, sal die stede van die Suidland in besit neem.

Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan Elohym toebehoort.

09/01/2013

'n Hindernis

En die Woord van Eloah kom na my en sê: en so versnel die doodsteller van 235 000 na meer dan 500 000 mense in SA...

Daarom maak ’n leeu uit die bos hulle dood, ’n wolf van die wildernisse verniel hulle; ’n luiperd loer by hulle stede; almal wat daaruit gaan, word verskeur; want hulle oortredinge is baie, hulle afkerighede geweldig. Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en gesweer by die wat geen god is nie. En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel in die hoerhuis. Soos vet gevoerde hingste swerf hulle rond; hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste. Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek Eloah. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?

Klim op sy mure en rig verwoesting aan, maar maak daar geen einde aan nie; neem weg sy ranke, want hulle behoort nie aan Eloah nie. Want die huis van Israel en die huis van Juda het baie troueloos teen My gehandel, spreek Eloah. Hulle het Eloah verloën en gesê: Dit is nie Hy nie; en geen onheil sal oor ons kom nie; ons sal geen swaard of hongersnood sien nie; en die profete sal wind word; ja, die Woord is nie by hulle nie; mag dit so met húlle gaan! Daarom, so sê Eloah, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ’n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.