En die Woord van Eloah kom na my en sê: en so versnel die doodsteller van 235 000 na meer dan 500 000 mense in SA...
Daarom maak ’n leeu uit die bos hulle dood, ’n wolf van die wildernisse
verniel hulle; ’n luiperd loer by hulle stede; almal wat daaruit gaan,
word verskeur; want hulle oortredinge is baie, hulle afkerighede
geweldig. Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en
gesweer by die wat geen god is nie. En
toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope
versamel in die hoerhuis. Soos vet gevoerde hingste swerf hulle rond;
hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste. Sou Ek hieroor geen
besoeking doen nie? spreek Eloah. Of sou my siel hom nie wreek op ’n
nasie soos hierdie een nie?
Klim op sy mure en rig verwoesting
aan, maar maak daar geen einde aan nie; neem weg sy ranke, want hulle
behoort nie aan Eloah nie. Want die huis van Israel en die huis van
Juda het baie troueloos teen My gehandel, spreek Eloah. Hulle het Eloah
verloën en gesê: Dit is nie Hy nie; en geen onheil sal oor ons kom nie;
ons sal geen swaard of hongersnood sien nie; en die profete sal wind
word; ja, die Woord is nie by hulle nie; mag dit so met húlle gaan!
Daarom, so sê Eloah, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie
woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ’n vuur en hierdie volk
hout, en dit sal hulle verteer.