Aan Suid-Afrika (SION) / To South Africa (SION)
Miga 2:1-13 / Micah 2
[1] Wee die wat onreg uitdink en kwaad smee op
hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van
hulle hand.
[2] Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise
en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die
mens en sy erfdeel.
[3] Daarom, so sê Jahweh: Kyk, Ek bedink onheil
teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby
julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal ‘n tyd van onheil wees!
[4] In dié dag sal hulle ‘n spotlied oor julle
aanhef en ‘n klaaglied sing: Dit is gedaan—sal hulle sê—ons is heeltemal
verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit
van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit.
[5] Daarom sal daar vir jou niemand wees wat die
meetsnoer werp in’n erfdeel in die vergadering van Jahweh nie.
[6] Moet nie profeteer nie! sê die valse profete.
As ‘n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie!
[7] Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou Jahweh
dan ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik teenoor hom
wat as opregte wandel nie?
[8] Maar reeds vroeër het my volk vyandig
opgetree. Julle pluk die mantel af, weg van die kleed van die wat in gerustheid
verbygaan, wat afkerig is van oorlog.
[9] Die vroue van my volk verdryf julle uit die
huis wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg in
ewigheid.
[10] Staan op en gaan heen! Want nie hiér is die
rusplek nie, weens die onreinheid wat verwoesting aanrig, ja, ‘n onherstelbare
verwoesting.
[11] As iemand wind nawandel en bedrieglik lieg en
sê: Ek sal vir jou profeteer by wyn en sterk drank—dan sou hy vir hierdie volk
‘n profeet wees!
[12] Gewis sal Ek jou geheel en al versamel, o
Jakob! Gewis sal Ek vergader die oorblyfsel van Israel; almal bymekaarbring
soos skape in ‘n kraal, soos ‘n kudde in sy weiveld; en dit sal dreun van
mense.
[13] Die deurbreker sal optrek voor hulle uit:
hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle
koning sal voor hulle uit gaan, en Jahweh heeltemal vooraan.
Aan die wêreld (BABILON - BABEL) / To the world (BABYLON - BABEL)
Hábakuk 2:1-20 / Habakkuk 2
[1] Op my wagtoring wil ek gaan staan en op ‘n
skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat
ek op my klagte moet antwoord.
[2] Toe antwoord Jahweh my en sê: Skryf die gesig
op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.
[3] Want die gesig sal nog duur tot op die
vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit
mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie:
[4] Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg
nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.
[5] En bowendien, die wyn is ‘n bedrieër, ‘n
trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos
die dood is hy, so onversadelik—hy vergader vir homself al die nasies en maak
vir hom al die volke bymekaar.
[6] Sal hulle nie almal oor hom ‘n spreuk, ‘n
spotlied aanhef nie, raaisels oor hom maak nie, en sê: Wee die man wat hom
verryk met wat nie aan hom behoort nie—hoe lank? —en hom beswaar met verpande
goed.
[7] Sal die wat jou byt, nie skielik opstaan en
jou skrikaanjaers nie opwaak, sodat jy vir hulle ‘n prooi word nie?
[8] Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al
die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die
geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
[9] Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om
sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil.
[10] Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die
uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur.
[11] Want die steen uit die muur roep, en die balk
uit die timmerasie gee hom antwoord.
[12] Wee hom wat ‘n stad bou met bloed en ‘n
vesting stig deur onreg.
[13] Kyk, kom dit nie van Jahweh van die leërskare
dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
[14] Want die aarde sal vol word met die kennis
van die heerlikheid van Jahweh soos die waters die seebodem oordek.
[15] Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou
gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.
[16] Jy het jou versadig met skande in plaas van
met eer—drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand
van Jahweh omgaan, en skande tref jou eer.
[17] Want die geweld aan die Líbanon gepleeg, sal
jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is—weens die bloed
van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
[18] Wat baat ‘n gesnede beeld dat sy maker dit
reggekap het, ‘n gegote beeld, wat ‘n leuenleraar is, dat die maker op sy eie
maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?
[19] Wee hom wat vir ‘n stuk hout sê: Word wakker!
vir ‘n dooie klip: Ontwaak! Kan hy ‘n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud
en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie!
[20] Maar Jahweh is in sy heilige tempel—swyg voor
Hom, o ganse aarde!
