Psalms
33:1-22
[1] o
Regverdiges, jubel in Jahweh! ‘n Loflied betaam die opregtes.
[2] Loof Jahweh
met die siter; psalmsing tot sy eer met
die tiensnarige harp.
[3] Sing
tot sy eer ‘n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.
[4] Want
die woord van Jahweh is reg, en al sy werk is met trou.
[5] Hy het
geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van Jahweh.
[6] Deur
die Woord van Jahweh is die hemele
gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
[7] Hy
versamel die waters van die see soos ‘n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in
skatkamers.
[8] Laat
die hele aarde vir Jahweh vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom
bedug wees;
[9] want
Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.
[10] Jahweh
vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.
[11] Die
raad van Jahweh bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot
geslag.
[12]
Welgeluksalig is die nasie wie se Elohym Jahweh is, die volk wat Hy vir
Hom as erfdeel uitgekies het.
[13] Jahweh
kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
[14] Uit
sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
[15] Hy
wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
[16] ‘n
Koning word nie verlos deur ‘n groot leër, ‘n held nie gered deur groot krag
nie.
[17] Die
perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.
[18] Kyk,
die oog van Jahweh is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;
[19] om
hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
[20] Ons
siel wag op Jahweh; Hy is ons hulp en ons skild;
[21] want
ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.
[22] Laat
u goedertierenheid, Jahweh, oor ons wees net soos ons op U wag!
Psalms 33:1-22
[1] Shout for joy in יהוה, you righteous! Praise is fitting for the straight!
[2] Praise יהוה with the lyre; Sing to Him with an instrument of ten strings.
[3] Sing to Him a new song; Play
sweetly with a shout of joy.
[4] For the Word of יהוה is straight, And all His works are in
truth,
[5] Loving righteousness and
right-ruling; The earth is filled with the kindness of יהוה.
[6] By the Word1 of יהוה the heavens were made, And all their host
by the Spirit1 of His mouth, Footnote: 1“The Word” and
“the Spirit” are unanimous, with one accord.
[7] Gathering the waters of the sea
together as a heap; Laying up the deep in storehouses.
[8] Let all the earth fear יהוה; Let all the inhabitants of the world
stand in awe of Him.
[9] For He spoke, and it came to be;
He commanded, and it stood fast.
[10] יהוה brings the counsel of the nations to naught; He thwarts the
plans of the peoples.
[11] The counsel of יהוה stands forever, The plans of His heart to
all generations.
[12] Blessed is the nation whose
Elohim is יהוה, The people
whom He has chosen as His own inheritance.
[13] יהוה has looked from the heavens; He has seen all the sons of men.
[14] He looked from His dwelling
place On all the inhabitants of the earth –
[15] He who fashions the hearts of
them all, He who understands all their works.
[16] The sovereign is not saved by
the multitude of an army; A mighty man is not delivered by great strength.
[17] A horse is a vain means of
safety; Neither does it rescue any by its great power.
[18] See, the eye of יהוה is on those fearing Him, On those waiting
for His kindness,
[19] To deliver their being from
death, And to keep them alive during scarcity of food.
[20] Our being has longed for יהוה; Our help and our shield is He.
[21] For our heart does rejoice in
Him, For we have put our trust in His set-apart Name.
[22] Let Your kindness, O יהוה, be upon us, Even as we wait for You.