15/08/2013

Die Skeibrief | The Divorce Letter



Jesaja 50:1-11
[1]  So sê Jahweh: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.
[2]  Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ‘n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.
[3]  Ek beklee die hemel met swartheid en bedek dit met ‘n roukleed.
[4]  Jahweh het My ‘n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.
[5]  Jahweh het my oor geopen, en Ek was nie wederstrewig nie; Ek het nie agteruitgewyk nie.
[6]  Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.
[7]  Maar Jahweh help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos ‘n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.
[8]  Hy is naby wat My reg verskaf. Wie wil met My ‘n regsaak begin? —laat ons saam optree! Wie is my teëparty? —laat hom nader kom na My toe!
[9]  Kyk, Jahweh help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos ‘n kleed; die mot sal hulle eet.
[10]  Wie is daar onder julle wat Jahweh vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? —laat hy vertrou op die Naam van Jahweh en steun op sy God!
[11]  Kyk, julle almal wat ‘n vuur aansteek, wat julle met vuurpyle omgord—wandel in die vlam van julle vuur en onder die vuurpyle wat julle aangesteek het! Van my hand het dit julle oorgekom; in smart sal julle neerlê.


Isaiah 50:1-11
[1]  Thus says יהוה, “Where is the certificate of your mother’s divorce, whom I have put away? Or which of My creditors is it to whom I have sold you? Look, you were sold for your crookednesses, and your mother was put away for your transgressions.
[2]  “When I came, why was there no one? When I called, why was there no one to answer? Was My hand too short to redeem? Or have I no power to deliver? See, by My rebuke I dry up the sea, I make the rivers a wilderness; their fish stink for there is not water, and die of thirst.
[3]  “I clothe the heavens with darkness, and I make sackcloth their covering.”
[4]  The Master יהוה has given Me the tongue of taught ones, that I should know to help the weary with a word. He wakes Me morning by morning, he wakes My ear to hear as taught ones.
[5]  The Master יהוה has opened My ear, and I was not rebellious, nor did I turn away.
[6]  I gave My back to those who struck Me, and My cheeks to those who plucked out the beard, I did not hide My face from humiliation and spitting.
[7]  And the Master יהוה helps Me, therefore I shall not be humiliated. So I have set My face like a flint, and I know that I am not put to shame.
[8]  Near is He who declares Me right. Who would contend with Me? Let us stand together. Who is My adversary? Let him come near Me.
[9]  See, the Master יהוה helps Me. Who would declare Me wrong? See, all of them wear out like a garment, a moth eats them.
[10]  Who among you is fearing יהוה, obeying the voice of His Servant, that has walked in darkness and has no light? Let him trust in the Name of יהוה and lean upon his Elohim!
[11]  See, all you who light a fire, girding on burning arrows: walk in the light of your fire and in the burning arrows you have lit. From My hand you shall have this: you shall lie down in grief!